5 dae gelede
Superhero jerseys vir SA spanne
supermal: Die Stormers gaan truie dra wat lyk soos dié wat die Thor fan dra. Foto ter illustrasie: getty images  ~ 

DIE Bulls, Lions, Sharks en Stormers moet seker maak hulle slaan nie in volgende jaar se Superrugby-kompetisie hulle naam met ’n plank nie.

SA Rugby het gister aangekondig dié vier spanne gaan in truie met ’n Marvel superhero-tema speel.

Die Bulls sal in Captain America-kleure speel, terwyl die Lions soos Spider-Man opgedollie gaan word.

Sukses

Die Sharks se truie kry ’n Black Panther design en die Stormers s’n sal ’n Thor-kleurskema hê.

Met dié uitrustings wil SA Ruby, SuperSport, Vodacom en Marvel nuwe lewe in Superrugby blaas.

Die sukses hiervan sal eers volgende jaar te sien wees, want mense stel nie veel belang in spanne wat nie ’n Superrugby-titel kan wen nie. Die Lions is ál Suid-Afrikaanse span wat die afgelope drie jaar naby aan ’n Super­rugby-titel gekom het. ’n Nieu-Seelandse span het hulle in al drie eindstryde geklop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters