9 dae gelede
Super-nagmerrie hopelik history
John Dobson Foto: gallo IMAGES  ~ 

DIE Stormers begin hulle Super­rugby-aanslag op Saterdag 1 Februarie met ’n wedstryd teen die Hurricanes op Nuweland.

Dit sal onder die leiding wees van die nuwe afrigter, John Dobson, en waarskynlik met Siya Kolisi as kaptein.

Die Kaapse franchise het vanjaar ’n nagmerriereeks beleef en sal desperaat wees om weer ’n mag in volgende jaar se toernooi te wees.

Robbie Fleck se span het net 6 van sy 16 Superrugby-wedstryde gewen en uiteindelik heel laaste in die Suid-Afrikaanse konferensie geëindig.

’n Aanduiding van hulle treurmare is die skamele 34 drieë wat hulle in die hele toernooi gedruk het. Hulle deel dié unwanted “rekord” met die less fancied Sunwolves.

Dit lyk darem asof die Stormers volgende jaar ’n gunstige loting het. Ná die Canes kom die Bulls Kaap toe.

Die Stormers speel daarna in Johannesburg teen die Lions voordat hulle gasheer speel vir die Jaguares en die Blues.

’n Loslootjie volg, waarna die Kaapse span na Durban (Sharks) en Argentinië (Jaguares) reis.

Insamel

Drie tuiswedstryde (Rebels, Waratahs en Sharks) en ’n loslootjie ná die Tahs-wedstryd beteken die Stormers speel in die eerste 11 rondes in die reeks net 3 wedstryde weg.

Hulle vertrek egter daarna na Australasië en Japan om in agtereenvolgende weke tough wedstryde teen die Chiefs, Crusaders, Brumbies en Sunwolves te speel.

Dobson se Stormers sal die maksimum punte by die huis wil insamel om te verseker dat die span kan hand opsteek vir ’n plek in die uitspeelrondes.

Stormers se fixtures in 2020

1 Februarie – Stormers t Hurri­canes (Nuweland)

8 Februarie – Stormers t Bulls (Nuweland)

15 Februarie – Lions t Stormers (Ellispark)

22 Februarie – Stormers t Jaguares (Nuweland)

29 Februarie – Stormers t Blues (Nuweland)

14 Maart – Sharks t Stormers (Kings Park)

21 Maart – Jaguares t Stormers (José Amalfitani)

28 Maart – Stormers t Rebels (Nuweland)

4 April – Stormers t Waratahs (Nuweland)

18 April – Stormers t Sharks (Nuweland)

25 April – Chiefs t Stormers (Hamilton)

2 Mei – Crusaders t Stormers (Christchurch)

9 Mei – Brumbies t Stormers (Canberra)

16 Mei – Sunwolves t Stormers (Tokio)

23 Mei – Stormers t Lions (Nuweland)

30 Mei – Bulls t Stormers (Loftus)

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters