2 maande gelede
Suksesvolste spanne terug in FA Cup semi’s
HET JOU! Newcastle se Andy Carroll (regs) veg in ’n FA Cup-stryd om balbesit met Nicolás Otamendi van Man City.  ~ Getty Images

DIE vooruitsig van ’n 10de Manchester derby in die FA Cup final is nog op die kaarte.

Dis nadat die Manchester-aartsvyande, City en United, mekaar ontduik het toe die loting vir die halfeindronde van die gesogte bekerreeks onlangs afgehandel is.

Pak

United loop tans voor met ses seges in nege finals terwyl City net drie keer aan die wenkant was in ’n FA Cup derby-eindstryd.

Ook behels die ronde van die laaste vier spanne drie van die suksesvolste spanne in die kompetisie.

City pak die suksesvolste span in dié Engelse bekerreeks, Arsenal (13 titels).

Die 12-malige titelhouer, United, kom te staan teen Frank Lampard (manager) se 8-malige kampioen, die Blues.

Die halfeindstryd is ook ’n herhaling van die 2018-eindstryd tussen dié spanne. Chelsea het daardie final met 1-0 gewen.

Eden Hazard het die wendoel aangeteken, wat United sonder enige sukses gelos het in die seisoen.

Die halfeindwedstryde word op 18 en 19 Julie albei in die Wembley-stadion beslis.

Die eindstryd word 1 Augustus ook daar gespeel.

Dit volg nadat United Saterdag op Carrow Road diep moes delf om ’n begeesterde Norwich City met 2-1 te klop.

Die Gunners moes ook op al hul ervaring staatmaak om Sheffield United met dieselfde telling te fnuik.

Gemak

Chelsea het op sy beurt ook hard geveg om Brendan Rodgers (manager) se high-flying Leicester City Sondag in die King Power Stadium met 1-0 te troef.

Pep Guardiola (manager) se City het egter met redelike gemak met 2-0 met Newcastle United afgereken in dié spanne se kwarteindstryd op St. James’ Park. – Sportredaksie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters