13 dae gelede
Sukses gebou
Kampioen: Northwood Primêr is die algehele wenner. FOTO’S VERSKAF  ~ 

NIE al die skole het opgedaag nie, maar dít het nie ’n demper geplaas op die geesdrif en opwinding in Build it se skolesporttoernooi vir 0. 13’s nie.

Boonop het die sonnige weer Saterdag by die Hoërskool Plumstead verseker dat die sokker- en netbalspelers hulle magic moves en skills kon uithaal.

Northwood Primêr is die groot wenner. Dié span van Mitchells Plain het Kuya­khanya Primêr (Crossroads) in die eindstryd geklop.

Die toernooi het ook vir die eerste keer netbal vir meisies aangebied.

Plantation Primêr van Grassy Park is die heel eerste wenner in die netbal-afdeling.

Boebie Solomons, die toernooi-direkteur en tegniese adviseur van Safa Cape Town, sê toernooie soos dié een is uiters belangrik en help met ontwikkeling.

“Dis verblydend dat die seuns en meisies aangepas het,” meen Solomons.

Welgedaan

“Hulle het wel probeer om van die dinge in werking te stel wat ek aan hulle voorgestel het.

“Ook die coaches was top. Hulle het probeer verseker dat die regte dinge op die veld uitgevoer word. Aan hulle sê ek ook welgedaan.

“Dis een ding om te gee, maar as die laities nie wil leer nie, is daar niks wat jy kan doen nie.

“Maar dié leerders was bereid en gretig om te leer.”

Dit is ook goed om te sien ’n legendariese Kaapse sokkerspeler soos Carl Solomons is steeds by sokker betrokke.

Hy en talle ander gerekende local spelers het die toernooi se dream team gekies wat later vanjaar aan die nasionale kampioenskapstoernooi gaan deelneem. 

Top! is Safa CT se Andrew Bothman (tweede van links) oorhandig die toekenning aan die speler van die toernooi, Iekram Gomez van Fairview.
Net die beste: Plantation Primêr se meisies het koning gekraai in die eerste netbaltoernooi.
Vegters: Kuyakhanya Primêr is die naaswenner.
Kampioen: Northwood Primêr is die algehele wenner. FOTO’S VERSKAF
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters