9 dae gelede
Suid-Afrika maak gereed vir netbal-skouspel
OPGEWONDE: Bongiwe Msomi, kaptein van Suid-Afrika se netbalspan, by die onthulling van die Netball World Cup 2023-logo.  ~ Gallo Images

SUID-AFRIKA het reeds sinoniem geword met die aanbieding van sportgebeurtenisse van wêreldgehalte.

En omdat dit ’n norm is, sal die Netbal World Cup in 2023 na verwagting van net so ’n uitmuntende standaard wees.

Só het Dan Plato, die uitvoerende burgemeester van Kaapstad, Dinsdag by die spoggerige bekendstelling van die nuwe World Cup 2023 logo in ’n restaurant in die Moederstad gesê.

Verbind

“Ons sien daarna uit om saam met al die belanghebbendes ’n wêreldklas-netbal-pronkstuk saam te stel,” het Plato gesê.

Hy het bygevoeg die organiseerders weet wat die wêreld van hulle verwag en hulle is oorgehaal daarvoor.

“Die bekendstelling van netbal se amptelike Wêreldbeker-logo bring ons ’n stap nader aan Afrika se eerste netbal-World Cup. As gasheerstad vir dié gesogte byeenkoms is ons verheug dat ons nóg ’n groot internasionale sportbyeenkoms by ons lys van skouspelagtige byeenkomste kan toevoeg.

“Ons word tans beskou as die wêreld se toonaangewendste land vir die bestemmings van groot sportskou­spele.”

Cecilia Molokwane, die president van Netball South Africa, sê die land was nog altyd in staat om groot netbaltoernooie aan te bied.

“Ons het ’n hoë maatstaf vir onsself en dit is baie belangrik dat ons hierdie standaard handhaaf. Dit gaan daaroor om netbal terug te neem na die mense toe,” het Molokwane gesê.

Drome

“Ons wil seker maak dat ons ons jong meisies en seuns ’n ervaring gee wat hulle nooit sal vergeet nie. Dit moet hulle ook inspireer om verder as hul wildste drome te droom.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters