6 dae gelede
Stryd van Rosemoor
VINCENT moos Foto’s: mark ward  ~ 

BOLAND- en die Suidwestelike Distrikte-klubrugby se kampioene raak môre in die Rosemoor-stadion in George slaags.

Dit is hier waar Progress tuisvoordeel teen Villagers Worcester sal wil laat geld in ’n groepwedstryd van die Gold Cup-kompetisie.

Albei spanne het verlede naweek hulle openingswedstryde verloor.

Villagers het met 40-41 teen Rhinos vasgeval, terwyl Progress lelik kleigetrap het met 7-35 teen die Westelike Provinsie se Durbell-klub.

Aldridge Mercuur, breier van Villagers, sê hy het ’n paar verrassings wat hy teen Progress gaan onthul.

“Ek dink ons was ongelukkig om die wedstryd te verloor, maar ons kan moed skep daaruit en is vol vertroue om met ’n positiewe uitslag huis toe te keer,” het Mercuur gesê.

Voorspel

Volgens Mercuur is die skrumskakel Matthew Nortje nie vir die stryd oorweeg nie omdat hy harsingskudding teen Rhinos opgedoen het.

Sy plek word deur Randal Daniels ingeneem.

Vincent Moos, afrigter van Progress, is ewe positief en voorspel sy span sal Villagers met leë hande terugstuur Worcester toe.

“Dit was ’n baie teleurstellende vertoning teen Durbell.

“Ek voel daar was ’n paar twyfelagtige beslissings deur die skeidsregter, maar ons gaan dit maar los.

“Ek is vas oortuig daarvan dat ons die naweek se kragmeting kan wen.”

Die naweek se bepalings:
Durbell t Northam Platinum Rhinos, Progress t Villagers, East Rand United t Secunda, Gardens t College Rov­ers, Sishen t Bloemfontein-Polisie, Naka Bulls t Welkom, Impala t Swallows, Roodepoort t Springs.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters