4 maande gelede
Stout Maradona steel kalklig
up yours: Diego Maradona wys wat hy dink van die toeskouers wat Argentinië nie ondersteun nie. Dit was nadat die span sy wendoel aangeteken het.Foto: getty images  ~ 

DIE wangedrag van Diego­ Maradona, die legen­dariese sokker-ster van Argentinië, het sy land se oorlewing in die Wêreldbeker-sokkertoernooi (WB) Dinsdag van glans beroof.

Argentinië het Nigerië met 2-1 in St. Petersburg geklop om vir die uitklopfase te kwalifiseer.

Maar pleks daarvan dat die kalklig op Argen­tinië geskyn het, het dit op Maradona se aapstreke gefokus.

Hy het in vier WB’s gespeel (1982, ’86, ’90, ’94) en was die kaptein van die span wat dit in ’86 verower het.

Dit blyk egter dat hy nou in Rusland is om een moerse paartie te hou.

In ’n videogreep drink Maradona tequila van sy elmboog. ’n Verdagte sak wit poeier lê langs hom.

Maradona het hoeka al in die verlede dwelms misbruik. So, as die sak coke is, lyk dit asof hoor maar min is.

en dít? ’n Verdagte sakkie wit poeier op ’n privaat vlug.
up yours: Diego Maradona wys wat hy dink van die toeskouers wat Argentinië nie ondersteun nie. Dit was nadat die span sy wendoel aangeteken het.Foto: getty images
Tiep: Ou ramkat voel goor.foto’s verskaf

Maradona is ná Argentinië se wedstryd noodhulp gebied.

Luidens ’n Argen­tynse koerant was dit vir lae bloeddruk.

Verskeie bekende uitgetrede sport-sterre het Maradona se wangedrag as skandalig bestempel en voorgestel hy ruk hom reg.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters