2 maande gelede
Stormers sukkel
belangrik: Juarno Augustus (regs) en Damian Willemse (foto links) gaan vanjaar sleutelrolle vir die Stormers speel.Foto’s: gallo Images  ~ 

DIE Stormers móét laas jaar se travel-siekte so gou moontlik afskud.

Die Kaapse franchise het Boland wel Vrydagaand met 87-5 in Wellington in ’n warm-up game afgeslag, maar hy het laas jaar nie een Superrugby-wedstryd weg van die huis gewen nie.

Robbie Fleck, die afrigter van die Stormers, glo dit gaan uiters belangrik wees om sake onmiddellik reg te stel.

Sy span skop Saterdag sy veldtog af met ’n kragmeting met die Bulls op Loftus Vers-feld in Pretoria.

Die coach het oor die situasie gesê: “Ja, dis beslis so. Ons kon nie een away game wen nie. As jy dié kompetisie wil wen, is dit noodsaaklik dat jy ook weg van die huis móét wen.

“Dit maak nie saak of dit ’n plaaslike Suid-Afrikaanse derby is en of dit ’n game in Nieu-Seeland is nie. Jy moet seker maak jy stapel ’n paar punte weg van die huis af op.”

Fleck sê van die wedstryde was close.

“Toe ons laas jaar in Pretoria teen die Bulls gespeel het, het ons goed teruggeveg.

“Ons het gulde geleenthede geskep om punte aan te teken, maar hulle het welverdiend as oorwinnaar uit die stryd getree.”

Fleck is bewus van die groot taak wat juis nou vir hom en sy span voorlê.

“Dit gaan nie maklik wees nie, want dis altyd moeilik om op Loftus te wen.

“Laas week se perform­ance­ teen die Bulls was great vir die span se selfvertroue. Daar is gesonde kompetisie vir plekke in die beginspan.

“Ons weet daar is baie meer geloof in die Bulls se kamp, maar terselfdertyd het dit ook baie te doen met die geloof in ons eie kamp.

“Dit gaan beslis ’n watertand stryd wees,” sê hy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters