2 maande gelede
Stop die pyn
Bongi Mbonambi word môre as ’n plaasvervanger teen die All Blacks ingespan. Foto: gallo images  ~ 

SUID-AFRIKA het ’n good news-storie nodig en ongelukkig vir die nasie moet al weer op die Springbokke se knoppie gedruk word om te dit te produce.

Ons arme land se inwoners sluk nou nog aan suikerwater oor nog ’n economic recession, verhoogde petrolpryse en crime stats so reg uit ’n horror movie.

Sport, en veral rugby, word gewoonlik na uitgesien om ’n ontspannende uitweg vir Mzansi se times of trouble te wees.

Die uitdaging vir die Springbokke is egter groot.

Hulle pak die wêreld se beste span, die All Blacks, daar in hulle agterplaas, Wellington in Nieu-Seeland.

En nog voordat die manne môre 09:35 op die veld draf, word al klaar gesê die Bokke se ding gaan pyn.

’n Slagting soortgelyk aan verlede jaar se 57-0 in Albany word voor- spel.

Volgens Bok-ondersteuners wat nog moerig is oor Allister Coetzee se afdanking as coach, moet dit dan sommer ook die einde van die nuwe man in beheer, Rassie Erasmus, beteken.

Erasmus het mos klaar gesê hy sal sy innings declare as sy Bokke nie die mas opkom nie.

En gemeet aan die spankeuses wat ou Rassie gister gemaak het, is daar nie veel hoop vir die Bokke nie.

Daar is egter diegene – so min soos hulle is – wat glo Erasmus voer iets in die mou.

Die doelwit vir die jaar was immers mos nog altyd om die All Blacks te klop.

Al wat moet click, is die Bokke se game plan, hoewel niemand nog juis kon sien wat dit nou regtig is nie.

SPRINGBOKKE: Willie le Roux, Jesse Kriel, Lukhanyo Am, Damian de Allende, Aphiwe Dyantyi, Handré Pollard, Faf de Klerk, Warren Whiteley, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi, Franco Mostert, Eben Etzebeth, Frans Malherbe, Malcolm Marx, Steven Kitshoff. PLAASVERVANGERS: Bongi Mbonambi, Tendai Mtawarira, Wilco Louw, RG Snyman, Francois­ Louw, Ross Cronjé, Elton Jantjies, Chelsin Kolbe.

ALL BLACKS: Jordie Barrett, Ben Smith, Anton Leinert-Brown, Ryan Crotty, Rieko Ioane, Beauden Barrett, Aaron Smith, Kieran Read (k), Sam Cane, Liam Squire, Scott Barrett, Sam Whitelock, Owen Franks, Codie Taylor, Karl Tu’inukuafe. PLAASVERVANGERS: Liam Coltman, Tim Perry, Ofa Tu’ungafasi, Patrick Tuipulotu, Ardie Savea, TJ Perenara, Jack Goodhue, Damian McKenzie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters