22 dae gelede
Steve trots ná verloor
HET JOU: Sundowns se Lebohang Maboe (agter) en Themba Zwane kombineer om Stellies se Marc van Heerden te stuit.  ~ Backpagepix

STEVE Barker, Stellenbosch se coach, sê sy spelers het alles op die veld gegee op soek na sukses in die Nedbank Cup.

Maar ongelukkig het die span van Matieland tekort geskiet en met 2-3 teen Sundowns vasgeval.

Dit was in ’n opwindende bekerstryd Woensdag op Loftus Versfeld.

Die Brazilians is tot die uiterste beproef en het eers in extra time die wendoel aangeteken.

In ’n stadium het dit gelyk asof die Masandawana die wedstryd binne die normale speeltyd van 90 minute sou wen nadat Peter Shalulile en Gastón Sirino vir die tuisspan sukses behaal het.

Maar Phathutshedzo Nange het ander idees gehad en sake gelykgestel met die laaste skop van die wedstryd nadat Ashley du Preez die besoekers se rekening geopen het.

Rekenskap

Barker se manne het in bykomende tyd genoeg kanse gehad om die stryd te wen, maar geluk was net nie aan hul kant nie.

Dit was omdat Shalulile weer toegeslaan het om Stellenbosch se drome van sukses in ’n bekerkompetisie te begrawe.

Barker sê hy is trots op sy spelers omdat hulle goeie rekenskap van hulself gegee het teen ’n gedugte span.

“Ek dink dis net ’n jammerte dat ons dit nie na penalties kon neem nie. Dit sou ons ’n 50/50-kans gegee het om verby hulle te kom.

“My spelers verdien lof vir ’n goeie, toegewyde vertoning.

“Ek dink ons het goed gecope. Hulle (Sundowns) het nie juis gelyk soos ’n span wat enige kanse kan skep nie.

“Natuurlik kon hulle nog gedugte spelers inspan, maar my spelers het regtig goed met hul bedreiging gecope.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters