6 dae gelede
Sterling se dae by City dalk getel
Raheem Sterling  ~ Getty Images

Dit gons behoorlik in die Eastlands dat die Cityzens Sterling wil pos. Hy moet na bewering ’n deal vir twee van Engeland se ster­spelers help finansier.

Pep Guardiola, City se manager, teiken Tottenham se Harry Kane en Jack Grealish van Aston Villa om sy span vir die nuwe seisoen te versterk.

Geloof

Kane en Grealish sal saam sowat £200 miljoen (byna R4 miljard) kos, maar met die verkoop van Sterling is dié deal dalk moontlik. Sterling het vir City 114 doele in 292 wedstryde aangeteken en is ’n fan favourite.

City se fans het egter alle geloof en vertroue in Guardiola, veral as hy Kane en Grealish albei kan opraap.

Die groot vraag is of Kane en Grealish se klubs hul blessing gaan gee. AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters