9 dae gelede
Ster skenk R20 000 se sporttoerusting
Daine KlateFoto: Gallo Images  ~ 

DIE voormalige PSL-ster Daine Klate is vreeslik besig en het dié keer sporttoerusting ter waarde van R20 000 bymekaargeskraap vir klubs in Gelvandale.

As Klate nie uithelp met kospakkies nie, is hy op die oefenveld.

Maar dié keer het hy ’n vennootskap met een van Suid-Afrika se sportweddenskap-webwerwe gesluit om sy gemeenskap te help met toerusting.

Dié opwindende aankondiging is gedoen in ’n onderhoud op Facebook waarin die ster met aanhangers oor verskillende sokkeronderwerpe gesels het.

Volgens Klate sal die skenking help om talent in die Gelvandale-gemeenskap te ontgin.

“Ek weet daar is ’n groot hoeveelheid talent in Gelvandale en hierdie vennootskap sal die klubs in die area én die gemeenskap aanmoedig om voort te gaan om die opkomende talent te koester.

Bekommer

“ ’n Aantal klubs in dié area word bedryf deur vrygewige lede van die gemeenskap. Hulle sukkel soms om die basiese behoeftes van ’n klubm soos kits en toerusting, te finansier. Danksy dié vennootskap is dit nou iets waaroor hulle hul nie hoef te bekommer nie.”

Die skenking ter waarde van R20 000 is in die vorm van kits en oefentoerusting.

Klate sal dit aan uitgekose klubs oorhandig sodra dit weer veilig geag word vir plaaslike sokkerligas om te begin oefen en speel.

Klate het vir Chippa United in die Baai uitgedraf voordat hy verlede seisoen besluit het om sy boots op te hang. Dít nadat hy ses PSL-titels verower het saam met SuperSport United (3), Orlando Pirates (2) en Wits (1).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters