Verlede maand
Ster jag Jami
WARM OP: Ashley Whiteboy en Jami Webb in die gimnasium.  ~ Gallo Images

DIE hoog aangeskrewe Roarke Knapp uit Rodney Berman se stal wil glo teen Jami Webb van die Kaap boks.

Ashley Whiteboy, Webb se afrigter, het dié interessante verwikkeling bekend gemaak.

“Ja, Knapp se kamp het gebel en gevra of ons in ’n geveg sal belangstel.

“Ons het onmiddellik ja gesê. Ons aanvaar beslis hul challenge.

“Sedertdien sit ons en wag omdat niks nog konkreet is nie.

“Ons oefen egter hard sodat ons nie onkant gevang word wanneer die krag­meting bevestig word nie,” sê Whiteboy.

Webb het ses van sy sewe gevegte gewen.

Sy enigste nederlaag was omstrede toe hy onlangs by die Pollsmoor-gevangenis met punte teen die Angolees Cristiano Ndombassy verloor het.

Wenronde

Knapp, daarenteen, het 11 van sy 13 kragmetings gewen.

Sy enigste nederlaag was toe Brandon Thysse hom in 2019 uitgeslaan het.

Die ervare afrigter sê ook daar is ’n sterk moontlikheid dat Webb in Junie in die Baai sal boks.

“Die promotor Jackie Brice het so iets genoem.

“Ons is egter enige tyd en enige plek gereed om te fight.”

Whiteboy sê ook die moontlikheid dat Webb sy kans in ’n SA titelgeveg in die Kaap sal kry, is steeds ’n moontlikheid.

“Daar is ook baie geleenthede oorsee.

“Ons sal nooit ’n uitnodiging van die hand wys om in die buiteland te gaan boks nie.

“Elke kans wat na ons kant toe kom, sal ons met albei hande aangryp,” sê hy.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters