11 dae gelede
‘Stellies móét fokus’
OOG OP BAL: Velemseni Ndwandwe (links) van Golden Arrows plaas Stellies se Ashley du Preez onder druk in ’n liga-wedstryd. Foto’s: BACKPAGEPIX  ~ 

STEVE Barker (coach) raak geïrriteerd met sy Stelllenbosch-spelers wat nie vir die volle 90 minute konsentreer nie.

Stellies se manne het hulself weer in die steek gelaat. Dis die rede waarom Golden Arrows hulle Vrydag in die Danie Craven-stadion met 3-1 kafgedraf het.

Júnior Mendieta se fantastiese doel vir Stellies was skrale troos vir die tuisspan.

Dit was Pule Mmodi en Michael Gumede (2) wat die sege vir die besoekers van Durban verseker het.

Ongedwonge foute deur Stellies se defence en veral Sibusiso Mthethwa, het die deur oopgemaak vir Arrows om sukses te behaal.

Selfvertroue

Barker het veral sy span se swak vertoning in die eerste helfte uitgesonder as rede vir hul treurmare.

“Ons speel teen ’n span wat ’n goeie seisoen geniet.

“Wanneer jy hulle doele gee, kry hulle meer selfvertroue. As jy agter is, begin jy die game te chase teen sekerlik een van die beste spanne wat transition betref in die liga.

“Dis ’n span wat sekerlik die beste verdediging in die liga het.

“Toe ons die doel gekry het, het ek gedink daar is net een span wat die volgende doel sou kry.

“Ek het verwag dit sou ons wees omdat ons in beheer was.

“Maar weereens het ons ’n fout gemaak wat tot hul derde doel bygedra het en wéér moes ons die game chase. Ons moet begin fokus vir die hele wedstryd.

“Dit gee hulle weer selfvertroue en daar is basies niks wat jy kan doen nie,” voeg Barker by.

Ironies

Ironies genoeg was Stellies se laaste sege teen die einste TTM vroeg in die jaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters