16 dae gelede
Stel foute nóú reg!
desiree ellisFoto: BACKPAGEPIX  ~ 

DIE druk op die Suid-Afrikaanse vrouesokkerspan neem toe in die Wêreld­beker-vrouesokkertoernooi in Frankryk.

En die geleenthede om ’n impak daarop te maak, raak met elke wedstryd minder – daarvan is Banyana Banyana se breier, Desiree Ellis, deeglik bewus.

Die Kapenaar sê die senuagtigheid wat voor die eerste wedstryd geheers het, is nou weg.

Oorheers

Ellis meen egter hulle sal ná daardie nederlaag teen Spanje beslis moet verbeter, veral op die aanval.

Sy weet hulle kon die Spanjaarde oorheers en die Europeërs geklop het as hulle net hulle geleenthede benut het.

Ellis sê dis juis waarom hulle ’n video van dié wedstryd noukeurig sal bestudeer.

Banyana Banyana pak China Donderdag in die tweede groepwedstryd.

Ellis bestempel dit as ’n móét-wen-kragmeting vir Suid-Afrika.

Sy sê: “My span is gefokus en baie gretig om sy foute reg te stel.

“Natuurlik gaan dit nie so maklik wees nie, maar ons back onsself en ons glo in ons vermoëns as die eenheid wat ons is.

“Ek dink ook ons spangees kan ons deurdra, want ons weet die spelers is talentvol.

“Natuurlik was die girls teleurgesteld in hoe hulle die wedstryd teen Spanje verloor het, maar ek het vir hulle gesê hulle moet nou net vorentoe kyk.”

Ellis sê hulle wil ook nie te veel druk op hulle talisman, Thembi Kgatlana, plaas nie.

Oor Kgatlana sê sy: “Sy is ’n spesiale speler, maar dis belangrik dat die hele span die verantwoordelik­hede dra.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters