2 maande gelede
Stars wil skyn
Stars kom: PE Stars wil die Tweedeliga log klim tot bo.Foto: verskaf  ~ 

PE Stars wil die pap dik aan maak vir die top spanne in die Tweedeliga.

Stars wil die druk bou om die voorlopers, Sibanye en Bizana Pondo Chiefs wat gelykop boaan die Tweedeliga sit deur nog ’n indrukwekkende vertoning by die huis te lewer.

Stars het verlede week 1-4 afgereken met Birmingham City weg van die huis in Oos-Londen. Die keer pak Stars Amavarara wat in derde plek is op Saints se Sportgrond. Stars is in vierde plek en net twee punte agter die top twee spanne.

Die spanbestuurder, Moenier Safadien, sê omdat dit tuis wedstryd is moet die span weer mik na ’n goeie oorwinning.

“As ons die wedstryd wen gaan ons bo oor Amavarara spring en dit sal verseker die ander top spanne moet wen om bo te bly,” sê hy.

Safadien sê solank hulle kan veg vir promosie is hulle gelukkig.

“Ons sal sien hoe die seisoen verloop in terme van die titel jag, maar as ons kan veg vir promosie het ons ’n kans.”

Die span gaan ook sodra die transfer window oop maak op 15 Januarie probeer om nog spelers by te voeg om te help die span promosie te wen.

Tweedeliga beplaings:

Bush Bucks t Future Tigers FC - NORTH END-STADION 13:00;

Peace Makers FC t Bizana Pondo Chiefs – WOLFSON-STADION 13:00;

Mthatha Bucks t Birmingham City FC – MTHATHA-STADION 15:00; Tornado t SUBS - NORTH END-STADION 15:00; PE Stars t Amavarara – SAINTS SPORTGROND 15:00; The Guys t Highbury FC – MPETSHWA SPORTGROND 15:00; Butterworth FC t Sibanye FC- IBIKA KAMPUS 15:00; Yaka United FC t Matta Milan - MT AYLIFF-STADION 15:00.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters