4 maande gelede
Spurs-uurglas loop uit
DELE ALLIFoto: GETTY IMAGES  ~ 

PARIS Saint-Germain (PSG) toon groot belangstelling in Tottenham se Dele Alli.

Die Franse kampioenspan is bewus daarvan dat Alli se uurglas by Spurs vinnig leegloop.

Boonop is van die lede van PSG se hiërargie ook groot bewonderaars van die 24-jarige Engelse striker.

Die tyding vanuit Spurs se kamp is dat Alli bereid is om aan te bly en te veg vir sy plek in die beginspan.

Dít ondanks die feit dat hy nie ingesluit is by die Spurs-groep vir sy wedstryde teen Lokomotiv Plovdiv en South­ampton nie.

Spurs het Lokomotiv Plovdiv in die Europa League geklop en Saterdag in die Engelse Premierliga (EPL) ’n indrukwekkende sege van 5-2 oor Southampton behaal.

Son Heung-min, Alli se striking partner, het geskitter met vier doele in die St. Mary’s Stadium.

Harry Kane het die ander doel aangeteken.

Dit is duidelik dat José Mourinho (manager) se geduld met Alli nou op is.

Boonop dui die terugkeer van Spurs se legendariese Gareth Bale met ’n leenkontrak ook daarop dat Alli nie deel is van Mourinho se planne vir die toekoms nie.

Bale behoort teen Oktober, ná die internasionale break, weer fiks en vir sy Portugese baas beskikbaar te wees.

Die transfer window sluit op 5 Oktober. Tog mag EPL-klubs daarna sake doen, maar net met klubs van die Engelse Sokkerliga (EFL).

Tevrede

Dit beteken Alli het net twee weke oor om sy toekoms te bepaal.

Dis nou tensy hy tevrede is daarmee om splinters van die plaasvervangerbank te kry terwyl hy wag tot die volgende transfer window in Januarie.

Alli het ná Spurs se openingswedstryd nie meer as 45 minute dié seisoen gespeel nie. – AP

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters