11 dae gelede
Spurs kán wen – legend
TAKTIKUSSE: Man City se Pep Guardiola (links) het ’n uitstekende rekord teen José Mourinho.  ~ Getty Images

DIE Tottenham Hotspur-legende Jürgen Klinsmann glo vas sy voormalige span kan dié seisoen sy eerste Premierliga­titel wen.

Die Duitser (56), wat oor twee spells by Spurs meer as 50 wedstryde gespeel en 30 doele gescore het, sê hy’t genoeg gesien en beskou die span van Londen as een van die gunstelinge vir die titel.

“Ja, hulle is beslis aanspraakmakers en ek dink met alle reg,” het Klinsmann vol bravade gesê.

“Hulle droom daarvan om uiteindelik die punt te bereik om hierdie wonderlike trofee te wen. Ek dink dis vir hulle ’n logiese pad.

“Ek dink ook in die laaste paar weke en maande sien ons dat iets sterker en sterker word.

“Dit is duidelik dat José Mourinho ’n sterk hand in hierdie hele ontwikkeling het en ’n ware mededinger is.

“Hy sal alles gee wat hy het om daardie droom te bewaarheid. Dis opwindende tye vir Spurs-aanhangers en ek hou duim vas.”

Spurs beklee op die oomblik die tweede posisie.

Verloor

Die manne sal Klinsmann se menings gestand kan begin doen as hulle Pep Guardiola (manager) se Manchester City-span môre­ op dié se tuisveld in die Etihad-stadion te troef.

Mourinho se rekord teen Guardiola is egter power. Die Portugees het al meer wedstryde teen sy Spaanse eweknie verloor as enige ander manager ter wêreld.

Dit is beslis ’n saak wat die “Special One”, soos Mourinho genoem word, môre sal wil regstel. AP

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters