Verlede maand
Spurs en Stars veg om oorlewing
RUG TEEN MUUR: Cape Town Spurs se coach, Ian Taylor (middel), sal ’n haas uit sy pet moet trek om die klub se plek in die Eerste Liga vir volgende seisoen te behou.  ~ BACKPAGEPIX

MET sewe rondes in die Nasionale Eerste Liga (NFD) oor, is drie van die vier Kaapse spanne in ’n stryd om oorlewing gewikkel.

Roger de Sá, afrigter, se Cape Umoya is die enigste span uit die Kaap wat tans in ’n veilige posisie is.

Umoya spog met 31 punte en beklee die negende plek op die punteleer.

Cape Town All Stars (25), Steenberg United (24) en Cape Town Spurs (23) se toekoms lyk egter onseker.

Dit is net die NFD-debutant, Bizana Pondo Chiefs (19), wat tans swakker as die Kaapse trio vaar.

Dis veral Spurs wat ’n enorme uitdaging face om die verleentheid van relegasie te vermy wanneer hy Stars vandag 15:00 in ’n Kaapse derby op Parow Park pak. Dít nadat hy vanjaar ’n gedaanteverwisseling ondergaan en belofte getoon het.

Relegasie sal beslis negatiewe gevolge vir die Kaap se sokkertalent in­hou.

Dié wedstryd sal sonder twyfel vir albei spanne baie belangrik wees.

Dis ’n oorlewingstryd en die vonke gaan spat.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters