9 dae gelede
Spurs baat by ervare Bronkhorst
Andre Bronkhorst  ~ Foto Verskaf

ANDRÉ Bronkhorst sê hy is gretig om waarde toe te voeg tot Cape Town Spurs en om geskiedenis te maak deur die klub te help om weer in die Premiersokkerliga (PSL) te speel.

Die voormalige Bafana Bafana goalie coach is Woensdag as Spurs se nuwe­ goalie coach aangewys.

Bronkhorst (53) sal Spurs se nuwe coach, die Serwiër Vladislav Heric, en sy assistent, Ian Taylor, bystaan as lid van die splinternuwe afrigtingspan.

Potensiaal

Bronkhorst was ’n jaar weg van sokker nadat Stellenbosch hom gefire het.

Hy meen sy nr. 1-prioriteit is om die klub se goalies te help om hul volle potensiaal te bereik.

Die voormalige Santos-speler sê: Ek is dankbaar teenoor Spurs se eienaar, Ari Efstathiou, en die coach vir dié geleentheid.

“Ek is baie ambisieus oor die klub.

“Ek glo hier is genoeg talent om Spurs weer in die top flight (PSL) te kry.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters