8 dae gelede
Speurder op BSA se spoor
Zola Koti  ~ Foto Verskaf

IN ’N drastiese stap is ’n privaat speurder aangestel om klagtes­ van Wes-Kaapse boksbeamptes teen Boks Suid-Afrika te ondersoek.

Die jare lange afrigter Zola Koti en ander gelisensieerde beamptes het die nuut gestigte promotorsvereniging om hulp genader. Daar is besluit om streng op te tree en Deno­ November, van DNC Pri­vate Investigators, aan te stel.

Die ontevredenheid spruit uit ’n petisie wat einde verlede jaar opgestel is teen die aanstelling van die omstrede provinsiale bestuurder Mzoli Tempi.

Die waarnemende CEO van BSA, Cindy Nkomo, het die petisie geïgnoreer, Mickey Klaas uit sy pos verwyder en Tempi aangestel.

Versoek

Op ’n vergadering op 12 September het Koti, wat as voorsitter opgetree het, die petisie oorhandig aan Nkomo, wat die vergadering saam met ander BSA-lede bygewoon het.

Die versoek van die Wes-Kaapse boksbeamptes was dat die aanstellingsproses van die provinsiale bestuurder opgeskort moet word totdat die geskille uitgeklaar kan word.

Albei partye het hiertoe ingestem.

Die versoek is egter geïgnoreer en die provinsiale bestuurder is aangestel.

Die notule van die spesifieke vergadering is in Son se besit, maar verskil nou glo van die aantekeninge wat Nkomo gemaak het.

Koti het op 4 November 2020 in ’n sterk bewoorde brief aan Nkomo gesê:

  • Dat Tempi in 2004 versuim het om geld vir die SA supermiddelgewiggeveg tussen Andre Thysse en Andile Tshongolo te deponeer en toe as promotor geskors is.
  • Dat Tempi in 2017 boks wéér in oneer gebring het deurdat sy toernooi in Stellenbosch op die laaste nippertjie gekanselleer is omdat hy wéér nie die deposito aan BSA oorbetaal het nie.

Dié keer het BSA nie teen hom opgetree nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters