5 dae gelede
Spele-tyd is hier
Selvyn Davids
Ster: Selvyn Davids se beskikbaarheid vir die Blitsbokke in Tokio sal van kardinale belang wees.  ~ _getty images

DIT voel nóú eers vir die Blitsbokke se veteraanspeler Chris Dry hy is by die Olimpiese Spele.

Die Suid-Afrikaanse sewesrugbyspan is steeds in die dorp Kagoshima gebaseer waar die manne hul laaste voorbereiding vir deelname aan Tokio 2020 doen.

Nes die Wêreldbeker-wenners, die Springbokke, het die Blitsbokke besluit om hul voorbereiding in dié Japanse stad te gaan doen.

Taktiek

Dit het egter nie alles op ’n goeie noot afgeskop nie.

Die span se coach, Neil Powell, is positief getoets vir Covid-19 en gaan die res van sy span se tyd by die Spele in kwarantyn moet deurbring.

Die hulpafrigter, Renfred Dazel, sal nou Powell se oë en ore wees, terwyl hy maar op ’n virtuele grondslag taktiek met die span moet praat.

Dan heers daar steeds vrese dat die Spele nog gekanselleer kan word as daar te veel Covid-19-infeksies is.

Dry, wat by 2016 se Spele in Rio de Janeiro net ’n toeskouer was, het egter ná wat hy gister gesien het, gesê hy hoop die skouspel gaan voort. Dit was toe sportsoorte soos sokker en baseball afgeskop het.

“Ek moet sê ek voel nog nie heeltemal soos ’n Olimpiese atleet nie, maar daar is beslis iets in die lug,” het Dry gesê.

“ ’n Paar dae gelede het dit nog onwaar gevoel toe ons issues begin het, maar dis nou vergete. Ons het die aksie op TV gesien. So, nou wéét ons dis waar. Dit was vir ons as span goed om dit te sien, amper nét so goed soos om self op die veld te wees ná ’n week van onsekerheid en opdraande.

“Gelukkig het ons as span besluit dat ons elke sekonde sal laat tel en elke ervaring in ’n positiewe een omskep.

“Ons kan die slegte situasies nou met ’n positiewe mindset hanteer.

“Dis nie lekker om elke oggend getoets te word nie en die gewag maak dit nóg erger, maar hopelik is alles nou onder beheer,” het hy bygevoeg.

Selvyn Davids, die man wie met sy vernuf as spelskepper drieë vir die Blitsbokke moet skep, meen ook die feit dat daar nou sport gespeel word, die Spele vir hom soos ’n realiteit voel.

Davids sê: Die eerste paar dae in die hotelkamers het baie min opsies op die TV opgelewer, veral as jy nie Japannees verstaan nie. Maar sedert vandag (gister) is daar Olimpiese sport wat uitgesaai word en dít is ’n universele taal.”

Die daaglikse toetse het dié Blitsbok-spelskepper ook so bietjie negatief begin affekteer, maar Davids weet hoe belangrik dit is om te verseker dat dié vierjaarlikse skouspel op ’n veilige manier geskied. Dit was reeds laas jaar tot die jaar uitgestel.

Hulle speel nie,” het Davids geskerts. Ons het elke dag voor ons vertrek toetse gehad en elke dag sedert ons hier aangekom het.

Dan moet jy wag en hoop.

Dit veroorsaak dat die senuwees so bietjie knaag, want jy weet nie wat jou uitslae gaan wees nie. Dit is altyd ’n goeie gevoel wanneer jy hoor dat alles in die hak is en jy op die oefenveld kan gaan en dan weer kan vergeet van alles.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters