3 maande gelede
Spele op die spel
Breyton Poole  ~ Mark Ward

ATLETIEK se fokus is van môre af weer op die nasionale seniorbyeenkoms in Pretoria.

Dit is waar die land se sterre in aksie gaan wees met die hoofdoelwit om vir vanjaar se Olimpiese Spele te kwalifiseer.

Die Boland het ’n sterk span vir die byeenkoms in die Tuks-stadion in Pretoria ingeskryf.

Dié span sluit sterre soos die verspringer Ruswahl Samaai en die hoogspringer Breyton Poole in.

Onder die vroue is die spiesgooier Sunette Viljoen en die naelloper Justine Palframan, wat aan die 200 m en 400 m gaan deelneem.

Aleck Skhosana, president van Atletiek Suid-Afrika, het intussen bevestig atlete wat in die Paarl op die jeugbyeenkoms kwalifi­serende ver­tonings behaal het, sal in aanmerking kom vir die Wêreldbyeenkoms later vanjaar in Kenia.

“Ons is verheug dat almal op die Boland-byeenkoms by die Covid-19-maatreëls gehou het. Dit was die grootste sportbyeenkoms sedert die land deur die pandemie getref is,” het hy gesê.

Intussen het Boland se uitvoerende hoof, Mike Fraser, die streek se atlete namens die uitvoerende bestuur geluk gewens met hul 44 medaljes op dié byeenkoms.

Dit het hulle die derde plek op die ranglys besorg, ná Gauteng-Noord en Gauteng-Sentraal.

Boland-span: VROUE: Rogail Joseph (200 m-, 400 m-hekkies), Justine Palframan (200 m, 400 m), Elke van der Westhuizen (200 m), Brenda du Toit (400 m- hekkies), Andrea Cornelissen (verspring), Mire Reinstorf (paalspring), Tonet Tallie (paalspring), Sumari Rademeyer (paalspring), Anaïs van Wyk (paalspring), Nienka du Toit (gewigstoot), Marli Botha (hamergooi), Sunette Viljoen (spiesgooi), Jana van Schalkwyk (spiesgooi), Marelize Jordaan (100 m-hekkies), Sarah Copeland (1 500 m).

MANS: Deon-Lee Hendricks (5 000 m), Gardeo Isaacs (400 m), Rowhaldo Ratz (5 000 m), Ruswahl Samaai (verspring), Jason Tito (verspring), Daiyaan Wyngaard (verspring), Leyton Davids (driesprong), Kwezi Mtoba (driesprong), Tristan Farao (driesprong), Cheslin Kortjé (driesprong), Luvo Nkewu (hoogspring), Keagan Fourie (hoog­spring), Breyton Poole (hoog­spring), Nikolai van Huyssteen (paalspring), Migail van Huyssteen (paalspring), Victor Hogan (diskus), Renaldo Frechou (hamergooi), Damian Bothma (hamergooi), Jesse Perez (tienkamp), Liam Pieterse (400 m-hekkies).

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters