6 dae gelede
Spele moet voort
andy
Andy Murray  ~ _getty images

DEUR voort te gaan met die Olimpiese Spele se aanbieding gee organiseerders daarvan hoop aan almal wat in die afgelope 18 maande swaar tye weens Covid-19 ervaar het.

Só meen die verdedigende kampioen in die Olimpiese Spele se manstennistoernooi, Andy Murray, van Groot-Brittanje.

Daar word gevrees dat die Tokio 2020-skouspel steeds gekanselleer kan word as die infeksiekoers onder atlete te hoog styg.

Volgens Murray moet dít nie gebeur nie, want die Spele is nóú meer relevant as ooit.

Die Brit sê: “Die Spele is die grootste kompetisie in die wêreld en ons as atlete oefen hard vir oomblikke soos hierdie. Tokio 2020 in 2021 is uniek. Te midde ’n pandemie het ons ongelooflike veggees van atlete, aanhangers en almal betrokke by die aanbied daarvan gesien.

“Dis nóú meer as ooit belangrik vir mense om te reconnect tot die rou emosie wat sport jou gee en ongelooflike vertonings en suksesse van atlete van oral in die wêreld te vier.”

Teenstand

Murray (34) sien uit daarna om die goue medalje suksesvol te verdedig wat hy op die Spele in 2016 gewen het. Hy het ook in 2012 se Spele in Londen goud gewen.

Roger Federer en Rafa Nadal, twee groot name in manstennis, het weens beserings besluit om nie aan vanjaar se Spele deel te neem nie. Murray kan egter groot teenstand van Novak Djokovic verwag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters