3 maande gelede
Spairs nie op beste
MY bal: Llewellyn Adonis en Tachwill Fredericks (middel) probeer om die bal van ’n speler van Coronations af te neem. INLAS: Hilton Adonis, afigter van Never Despair.Foto’s: MARK WARD  ~ 

ONDANKS sy span se oorwinning oor Coronations is Hilton Adonis, breier van Never Despair, glad nie tevrede met sy manne se vertoning nie.

Dié ervare afrigter het die week rede om hard met sy troepe te praat. Spairs het sy oorwinning met 27-18 oor die besoekers met rukke en stote behaal.

Dié Swartland-Uitdaagbekerstryd van die Boland is Saterdag beslis op die Wesbank-sportterrein in Malmesbury, waar dit nie juis hoogtes bereik het nie.

Adonis sê: “Dit was nie goed genoeg nie. Maar ek moet byvoeg, dit was ook ons eerste wedstryd.”

Dit was ’n stop-start-affêre met albei spanne wat net te veel foute gemaak het. Spairs het net te veel strafskoppe afgestaan.

Die besoekers van Kalbaskraal, wat hul buiging vanjaar in die reeks maak, het danksy die vleuel Elroy Brandt se skopvernuf binne trefafstand gebly. Hy het ál sy span se punte met strafdoele aangeteken. Nicky van Schalkwyk, breier van Coronations, sê: “Ek is baie tevrede met my span se vertoning. Dinge kan vorentoe net beter gaan.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters