3 maande gelede
Sonny Bill herstel gou ná operasie
gereed: Sonny Bill Williams oefen saam met die All Blacks. Foto: getty images  ~ 

DIE All Black-senter Sonny Bill Williams het gister weer volstoom ná ’n knieoperasie saam met sy nasionale spanmaats begin oefen.

Williams het die eerste toets teen Frank­ryk in Auckland misgeloop. Williams het los stukkies kraakbeen in sy knie gehad en dit moes met ’n mediese prosedure verwyder word.

Daar is vooraf verwag dat die tweemalige Wêreldbeker-wenner die reeks teen Frankryk sou misloop.

Stuff.co.nz berig egter Williams het gister in sopnat toestande in Wellington saam met die All Blacks geoefen. Hy het ook geen tekens van ongemak getoon toe hy volstoom gehardloop het nie.

Terugkeer

Ian Foster het ook Williams se wonderbaarlike herstel bevestig: “Ons het heeltyd geweet dit gaan ’n klein operasie wees en as dit goed verloop, sal hy gou herstel.

“Hy het nog nie heeltemal voluit geoefen nie, maar hy doen genoeg om hom geïnteresseerd te hou en hy leer ook baie hierdie week. As hy in die volgende vier tot vyf dae meer vordering toon, sal hy in aanmerking kom.”

Williams teiken glo ’n terugkeer tot die All Black-span in die derde toets teen die Hane.

Die All Blacks het die eerste toets in Auckland verspot maklik met 52-11 op Edenpark gewen.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters