Verlede maand
Solomons is ‘one-up’
Boebie Solomons  ~ Gallo Images

SELFS in sy heyday is Boebie Solomons nooit met ’n slap riem gevang nie.

Dis omdat dié Kaapse sokkerlegende altyd deeglik en sorgvuldig voorbereid is – mentally en physically.

Die direkteur van coaching vir Safa Cape Town is “one up” en maak gebruik van sy ervaring in coaching en training-metodes om individue te help “sane” bly tydens die national lockdown weens die Covid-19-krisis.

Solomons verduidelik: “Jy kan jou indink dat mense devastated is oor die feit dat hulle in ’n corner gedruk is – en dis regoor die wêreld.”

“Dis devastating vir die normal mind om te process wat in die wêreld aangaan.

“Dis waarom jy moet one up en nie toelaat dat jou omstandighede jou onderkry nie.

“My eenvoudige video kan dalk help om dinge te ease in die lockdown-periode.

“Dis reeds moeilik vir adults, en nou wat nog nie van die kinders nie? Vir hulle is dit erger.

“Hulle verstaan nie waarom hulle nie kan uitgaan nie.”

Die ervare en uitgeslape sokkerbrein van Solomons is hot property.

Hy dien ook as die tegniese adviseur vir die Tweede Liga-span Batalions van die Paarl-streek.

“Hulle het aan my deur geklop om te help om ’n fondasie te lê en die game te ontwikkel en te laat groei in daai area,” sê Solomons verder.

“Hulle het nie die voorregte wat ons in die stad het nie.

“Dis waarom hulle van my ervaring en expertise gebruik maak. In die Kaap het baie pro-teams en akademies – nie daar nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters