6 dae gelede
Sokker sorg vir 1ste skok
marta
Marta  ~ _getty images

TERWYL die legendariese Brasiliaanse vrouesokkerspeler Marta die rekord­boeke herskryf, het Swede se vrouespan vir die eerste opskudding by Tokio 2020 gesorg.

Die vyfde gekeurde Swede het Amerika – ’n viermalige Olimpiese gouemedalje­wenner – met 3-0 geklop.

Verslae

Twee doele deur Stina Blackstenius en nog een vir Lina Hurtig het die Sweedse vroue laat feesvier en die Yanks verslae gelaat voor hul volgende wedstryde.

Die gasheerland, Japan, het ook sy veldtog op ’n baie hoë noot afgeskop deur Australië in die hoofstad met 8-1 te looi. Die dag het egter aan die Brasiliaanse ster Marta (35) behoort wat nou in vyf verskillende aanbiedinge van die Olimpiese Spele ’n doel aangeteken het.

Brasilië het China met 5-0 in die Miyagi-stadion vermorsel met Marta, ’n vyfmalige speler van die jaar wat wêreldwyd beskou word as vrouesokker se beste speler van alle tye, wat twee keer gescore het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters