9 dae gelede
Smith en Mnisi terug vir Cheetahs
Rhyno Smith  ~ Gallo Images

DAAR is groot nuus uit die Cheetah-kamp op die vooraand van hul Superrugby Un­locked-wedstryd teen Griekwas môre in Bloemfontein.

Dit is dat Rhyno Smith sy terugkeer maak asook die insluiting van die ervare Howard Mnisi in die begin 15-tal.

Smith kom in op regtervleuel, terwyl die nr. 13-trui aan Mnisi, voormalige Lions- en Southern Kings-senter, toevertrou is.

Smith vervang Malcolm Jaer­,­ terwyl Mnisi met Wil­liam Small-Smith roteer word.

Daar is ook twee veranderinge voorlangs vir die Vrystaters, met Hencus van Wyk (vaskopstut) wat sy debuut maak in die plek van Luan de Bruin, terwyl die talentvolle Boan Venter en Charles Marais plekke ruil.

Intussen is Junior Pokomela in ’n stryd teen die tyd gewikkel om gereed te wees vir die wedstryd. Aidon Davids sal na die bank skuif as Pokomela kan speel.

Noot

Verlede naweek het die span van Bloemfontein met 30-13 teen die Stormers in Kaapstad verloor. Dit was hul tweede agtereenvolgende nederlaag in die kompetisie ná indrukwekkende oorwinnings in die eerste twee rondes.

Die Vrystaters is tans vierde op die puntelys met 12 punte. Hulle wil die kompetisie beslis op ’n positiewe noot afsluit met ’n sege oor hul bure.

CHEETAHS: Clayton Blommetjies, Rhyno Smith, Howard Mnisi, Frans Steyn, Rosko Specman, Tian Schoeman, Tian Meyer, Jeandré Rudolph, Junior Pokomela (kaptein)/Aidon Davis, Andisa Ntsila, Carl Wegner, Ian Groenewald, Hencus van Wyk, Reinach Venter, Boan Venter.

BANK: Jacques du Toit, Cameron Dawson, Khutha Mchunu, Oupa Mohoje, Aidon Davis/Chris Massyn, Ruben de Haas, Reinhardt Fortuin, William Small-Smith.

GRIEKWAS: Mox Mxoli, HJ Luus, Ewald van der Westhuizen, Adré Smith, Cameron Lindsay, Gideon van der Merwe, Stefan Willemse, Carl Els, Zak Burger, Tinus de Beer, Eduan Keyter, Johnathan Francke, Harlon Klaasen, Ederies Arendse, Masixole Banda.

BANK: Monde Hadebe, Andrew Beerwinkel, Madot Mabokela, Ewan Coetzee, CJ Velleman, Theo Maree, André Swarts, Daniel Kasende, Bandisa Ndlovu, Sibabalo Qoma, Ashlon Davids.

Skeidsregter: AJ Jacobs

Assistent-skeidsregters: Griffin Colby, Paul Mente

Televisiewedstrydbeampte: Willie Vos.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters