Verlede maand
Small ook kandidaat
AGTEROS: Willie Small het sy benoeming aanvaar.  ~ Facebook

AGTEROS kom ook in die kraal.

Al is daar nog geen aanduiding wanneer die Boland Rugbyunie (BRU) se algemene jaarvergadering gaan plaasvind nie, het die wedloop om die presidentskap in die laaste paar dae ’n sensasionele nuwe wending geneem.

Son het betroubaar by ’n onberispelike bron verneem dat adv. Willie Small, ’n regsgeleerde en voormalige uitvoerende hoof van Boland en SWD, sy benoeming ontvang en aanvaar het.

Bennie van Rooi neem tans waar as president ná Ivan Pekeur se sterfte in Desember. Van Rooi, Bertram Vraagom en Klaas Cloete se name was almal reeds in die hoed, met Small, wat ook voorheen as spelersagent opgetree het, wat hom nou stil-stil tot die wedloop toegevoeg het.

Die BRU se algemene jaarvergadering was veronderstel om in Februarie plaas te vind, maar weens die regering se Covid-19-regulasies was dit nog nie moontlik nie.

’n Digitale verkiesing is nie moontlik nie, aangesien baie klubs glo nie by magte is om ’n aanlyn-vergadering by te woon nie.

Tans is dit nog onseker of die verslapping na vlak 1-regulasies (wat opelug byeenkomste van ’n maksimum van 250 mense toelaat) die BRU sal aanmoedig om ’n vergadering by byvoorbeeld die Boland-stadion te hou.

Tans kan net Van Rooi en Cloete hierdie besluite maak.

Van Rooi het Sondag die uitvoerende bestuurslede in ’n brief verwittig dat hul termyne tot ’n einde gebring is. Luidens die brief hiernaas sal Van Rooi en Cloete voortaan die unie bestuur.

Vriende

Small se laat toetrede tot die wedloop kan dalk van die huidige kandidate se veldtogte ontspoor.

Hy geniet veral steun in die sentrale streek, terwyl Vraagom glo óók in die laaste paar weke verskeie nuwe vriende gekry het.

Van Rooi het ook steun in strategiese areas, terwyl Cloete, wat voorheen deur Son as ’n buiteperd beskou is, volgens ons anonieme bron “meer steun geniet as wat jy dink”.

sdsd
OP SKRIF: Bestuurslede het dié brief gekry wat lyk asof iemand se space bar stukkend is. Foto: Verskaf

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters