14 dae gelede
Slagting wag straks op groentjies
Lukhanyo Am  ~ Gallo Images

GARY Boshoff glo Suid-Afrika moet vanjaar sy beste span na Australië stuur vir die Rugby Championship­.

Die voormalige Saru-slot het gister gereageer op gerugte dat ’n onervare Springbokspan dalk na die Rugby Championship (7 November tot 12 Desember) gestuur gaan word.

Lukhanyo Am van die Sharks gaan straks die span aanvoer.

Boshoff stem nie saam met dié besluit nie.

Hy’t gister aan Son gesê: “Ons is wel die wêreldkampioen en die kampioen van die Rugby Cham­pionship, maar laas jaar by die World Cup het ons teen die All Blacks verloor.

“Ek dink by die toernooi moet ons ons beste beskikbare span stuur en nie soos in die verlede gaan met vooraf geskrewe verskonings soos: ‘Ons het maar ’n jong spannetjie gestuur en 40-0 teen die All Blacks en die Wallabies verloor en het dit nie serious gevat nie.’ ”

Boshoff se persoonlike uitgangspunt is dat Saru dit juis ernstig moet opneem oor twee redes.

“Eerstens moet ons ons status as wêreldkampioen gaan bevestig en tweedens moet ons uit Sanzaar wegstap ná byna 30 jaar met ons koppe omhoog.

“Ek glo dit sal oneerbiedig teenoor Nieu-Seeland, Australië en Argentinië wees om ’n afge­waterde span onder die dekmantel van jong development te stuur. Hulle moet dan liewers by die huis bly.”

Benewens Am word sy Shark-spanmaats soos Curwin Bosch (losskakel), Aphelele Fassi (heelagter) en Sanele Nohamba (skrumskakel) se name ook genoem om hulle by die onervare Bok-span aan te sluit

Daar is ’n gevoel in die binnekringe van SA Rugby dat die span nie vir die toernooi voorbereid sal wees nie, aangesien Nieu-Seeland en Australië lankal reeds begin rugby speel het.

Boshoff glo egter die Bokke moet kan aanpas by die wêreldkonteks waarin hulle hulself nou bevind.

Oorkom

“Ons moet contingency-planne uitwerk sodat ons op ons beste kan wees. Onthou, toe daar ’n aardbeweging in Christchurch was, kon die Crusaders geen tuiswedstryde speel nie. Hulle moes die hele wêreld vol vlieg.

“Hulle het tot ’n game in Engeland gaan speel. Hulle het die struikelblokke oorkom en stééds die ding gewen. Ons praat van vlugflouheid net om te cover wanneer ons verloor.

“Die attitude in die professionele era moet wees dat ons die World Champs is en hulle moet bang wees as ons soontoe kom.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters