5 maande gelede
‘Skuif toer liewer aan’
GROOT MAKIETIE: Britse en Ierse Leeus-ondersteuners gedurende die 2017-toer in Nieu-Seeland.  ~ Getty Images

ONDERSTEUNERS van die Britse en Ierse Leeus-rugbyspan glo vanjaar se toer in Suid-Afrika moet eerder volgende jaar aangebied word.

Dié toer is veronderstel om amptelik te begin op 3 Julie, wanneer die besoekers in die Kaapstad-stadion teen die Stormers sal speel.

Die eerste toets teen die Springbokke is geskeduleer vir 24 Julie in die FNB-sta­dion in Soweto.

Maar weens die Covid-19-pandemie is daar ’n sterk moontlikheid dat die toer afgelas kan word. Daar is ook sprake daarvan dat die toetswedstryde teen die Bokke in Brittanje gespeel kan word.

Altesaam 1 450 Leeus-ondersteuners het ’n petisie begin om eerder vanjaar se toer met een jaar uit te stel.

Sodoende sal die 133 jaar lange geskiedenis van Leeus-toere in stand gehou word.

Tuisunies

“Covid-19 gaan heel waarskynlik verhoed dat die Britse en Ierse Leeus se 2021--toer in die gasheerland, Suid-Afrika, plaasvind,” het Mark Gardner, samesteller van die petisie, op change.org gesê.

Die Leeus benodig 36 spelers uit die vier tuisunies.

Gardner sê om toetswedstryde tussen die Leeus en Bokke in Brittanje aan te bied, sal afgewater wees.

Hy voel ook die toename in Brittanje se getal Covid-19-gevalle beteken daar is nie ’n waarborg dat ondersteuners toegelaat sal word om die wedstryde in die sta­dions te kyk nie. Dié reeks kan dus ook agter geslote hekke plaasvind.

Gardner hoop om 30 000 handtekeninge te kry om sy pleidooi te regverdig.

BRITSE EN IERSE LEEUS

SE TOERSKEDULE:

  • 3 Julie: Leeus t Stormers (Kaapstad-stadion)
  • 7 Julie: Leeus t SA Uitnodigingspan (Nelson Mandelabaai-stadion)
  • 10 Julie: Leeus t Sharks (Kings Park)
  • 14 Julie: Leeus t SA A-span (Mbombela-stadion)
  • 17 Julie: Leeus t Bulls (Loftus Versfeld)
  • 24 Julie: Leeus t Spring­bokke (FNB-stadion)
  • 31 Julie: Leeus t Spring­bokke (Kaapstad-stadion)
  • 7 Augustus: Leeus t Springbokke (Ellispark)

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters