13 dae gelede
Skoletoernooi beloof bol-aksie
SKOLERUGBY: ’n Hoërskool PJ Olivier-speler in aksie.  ~ Foto Verskaf

DIE Oos-Kaapse departement van sport en die Sedru Sub-unie bied môre die eerste South Eastern District Schools Union o. 19-gedenktoernooi aan.

Die toernooi sal plaasvind op die Oval Sportgrond in Makhanda. Nege skole in die Makana- en Ndlambe-streek sal deelneem.

Wedstryde sal soggens 08:45 begin en dit sal ’n uitkloptoernooi wees.

Die skole wat sal deelneem, is Mary Waters (Makhanda), Hoërskool PJ Olivier (Makhanda), Hoërskool Alexandria (Alexandria), Nomzamo (Port Alfred), Nompucuko (Port Alfred), Ukhanyo (Alexandria), T.E.M. Mrwetyana (Ma­khanda), Nathaniel Nyaluza (Ma­khanda) en Kuthliso Daniels (Makhanda).

Dié inisiatief beloof om ’n groot blootstelling te wees vir spelers.

Ná afloop van die toernooi sal daar ’n Albany-span gekies word wat dan aan die Graeme College-rugbydag sal deelneem.

Die wenskool sal ook die geleentheid kry om aan die Mzwandile Mali Memorial o. 18-rugbytoernooi deel te neem.

Mary Waters is tans die gunsteling om die toernooi te wen, maar die ander spanne kan beslis nie afgeskryf word nie.

PJ Olivier het ’n jong en opwindende span, en so ook Alexandria. Nyaluza is ook ’n sterk rugbyskool, maar sukkel tans. Ukhanyo kan ook vir ’n opskudding sorg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters