3 maande gelede
Skandes op Old Trafford
GEE MY KRAG: Ole Gunnar Solskjaer staan verslae langs die kantlyn tydens sy span se vernederende loesing op Old Trafford.  ~ Reuters

MANCHESTER United beter Maandag nog planne hê om ’n nuwe verdediger na Old Trafford te bring.

Die Red Devils se wisselvallige verdediging is Sondag weer aan flarde geskeur toe José Mourinho (manager) se Tottenham Hotspur op Old Trafford met 6-1 gewen het.

Ole Gunnar Solskjaer (manager) se obsessie met die aankoop van aanvallende spelers vir United het Sondag in sy gesig ontplof.

Dít ná herhaalde wekroepe van voormalige United-spelers dat verdediging tans die groot probleem is.

Hy het Sondag ’n massiewe waagstuk gevat deur Eric Bailly langs Harry Maguire in die middel van United se verdediging te kies – en ’n duur prys betaal.

Die omstrede afstuur van Anthony Martial het ook bygedra tot die loesing wat Spurs sou uitdeel.

United het minder as 48 uur oor om ’n verdediger te gaan soek. Die transfer window vir spelers koop sluit Maandag om middernag en tot dusver het United nie veel merkbare signings gemaak nie.

As United nie drasties versterkings inbring nie, dan moet Solskjaer maar solank sy tassies begin pak.

Rooikaart

Dit kan ’n baie lang seisoen raak vir die Red Devils en soos sake nou staan, lyk hulle soos ’n span wat die seisoen buite die voorste vier gaan voltooi.

Hopelik sal dié loesing ’n wekroep wees.

Ongeag die rooikaart wat Spurs ’n voordeel gegee het, was Mourinho se span ’n beter span op die veld, al het Spurs vroeg ’n doel afgestaan.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters