5 dae gelede
Siya is terug vir die Bokke
TROTS: Duane Vermeulen (kaptein) en Rassie Erasmus (afrigter) spog met die bekers wat hulle in die Rugby Championship verower het.Foto: GALLO IMAGES  ~ 

SIYA Kolisi gaan Saterdag sy come­back vir die World Cup maak in die warm-up game teen Argentinië in Pretoria.

Rassie Erasmus, die Bok coach, het gister bevestig dat die Springbok-kaptein betrokke gaan wees op Loftus Versfeld.

Kolisi sal nie in die starting line-up wees nie, maar sal geleidelik van die bank teen die Poemas aangewend word.

Bestuur

Erasmus het gister gesê: “Hy (Kolisi) is ’n speler wat ons baie desperaat is om Saterdag in aksie te sien.

“Dit sal egter net vir ’n beperkte aantal minute wees. Dis belangrik dat ons sy comeback reg bestuur.”

Die Bok-kaptein het Saterdag sy terugkeer van ’n kniebesering gemaak in die Westelike Provinsie se oorwinning van 45-14 oor die Pumas op Nuweland.

Die 28-jarige losvoorspeler was betrokke by die Bok-kamp voordat die span na Nieu-Seeland vertrek het.

Benewens Kolisi se fiksheid, sal Erasmus graag die geleentheid wil gebruik om ’n bietjie te eksperimenteer en nuwe kombinasies op die proef te stel.

“Dit is ’n baie belangrike week vir ons. Ek is baie opgewonde oor wat ons beplan om te doen.

“Ons is vasbeslote om voort te bou op ons momentum. Dit is die laaste 80 minute wat ons sal hê voordat ons in Japan aankom,” het Erasmus gesê.

“Ons het net een game (teen Japan) oor voordat ons teen Nieu-Seeland in die eerste game van die World Cup gaan speel. So, dié game (teen Argentinië) is baie belangrik vir ons veldtog.

“Ons weet nie watter span Argentinië gaan kies nie. Jy kan egter verseker wees dat hulle alles in die stryd gaan werp om met ’n oorwinning voor die World Cup vorendag te kom.”

Die coach sê om die Rugby Championship te wen, is beloning vir die harde werk wat die spelers ingesit het.

“Om die beker te wen, was altyd deel van die plan.

“En al het ons dit nie gewen nie, sou ons steeds gelukkig gewees het met die werk wat ons op en af van die veld ingesit het.

“Ons het lank laas ’n trofee gewen. So dit was great.

“Maar in ’n paar maande se tyd is daar ’n groter een om te wen. Dit is ons doelwit.

“Ons het nou ’n bietjie momentum en bestendigheid opgebou wat baie belangrik is.”

Erasmus moet sy groep vir die wêreldskouspel voor 26 Augustus bekend maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters