3 maande gelede
Sharks: Onmin oor coach seun kies
(Heel)agterspeen? Curwin Bosch moet dalk maar weer plek maak vir die breier se laitie. Foto: Getty Images  ~ 

DURBAN. – Robert du Preez, afrigter van die Sharks, kan ’n paleisrevolusie verwag.

Dis nou as Du Preez sy seun Robert jr. kies vir die Superrugbywedstryd Saterdag teen die Stormers op Nuweland.

Die eerste signs van verraad het dié naweek in Buenos Aires deurgeskemer.

Die Jaguares het met 34-7 sardientjies van die Sharks gemaak.

Du Preez het Rob jr. op losskakel gekies en Curwin Bosch heelagter toe gepos.

Bosch se skuif na nr. 15 is nie ál wat die meeste van die Shark-spelers upset nie.

Dit ontstel hulle ook dat Aphelele Fassi tot die bank gerelegeer is net oor hy ’n hoë bal teen die Hurricanes misgevang het.

En nou gons dit behoorlik daaroor dat die spelers beoog om hulle coach se ondergang dié naweek in Kaapstad te bewerkstellig.

Dis nou as hy weer die fout maak om Bosch nie op losskakel te kies nie.

’n Mens kon sien daar was geen intensiteit aan die Sharks se spel teen die Jaguares nie.

En nou, ná 16 games en met net 6 oorwinnings, is die span van Durban met 33 punte heel onder aan die puntelys van die Suid-Afrikaanse afdeling en 9de op die algehele puntelys.

Die Stormers is met 34 punte 7de algeheel.

As die Sharks wen, kan hulle nog die kwarteindronde haal.

Ondanks hulle posisie op die log, is die Sharks, benewens Bosch (op losskakel) en Fassi, gelaai met talentvolle agterspelers soos S’bu Nkosi, Makazole Mapimpi en Lukhanyo Am.

Alles hang egter af van wie Du Preez kies en of die Sharks dan nog lus is vir nóg ’n trip oor die oseaan.

Soos sake nou staan, lyk dit nie asof die voormalige Springbok veel van ’n keuse gebied word oor of hy Bosch en Fassi by die beginspan gaan insluit nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters