13 dae gelede
Shag kry job in Japan
TOKYO, JAPAN - OCTOBER 22: Head coach Steve Hansen
Steve Hansen  ~ Getty Images

KLUBRUGBY in Japan is nog 'n wêreldklas afrigter ryker nadat Steve "Shag" Hansen as konsultant by die Toyota Verblitz gaan aansluit. 

Hansen het Maandag sy nuwe job saam met die Japannese span bevestig. 

Verblitz word deur die Nieu-Seelander Simon Cron afgerig wie vroeër die jaar sy pos as hulpafrigters in Superrugby by die New South Wales Waratahs verlaat het. 

Oor sy nuwe werk het Hansen gesê: "Ek het 'n nuwe job waar ek as mentor, konsultant en adviseur by Toyoyta Verblitz gaan optree. 

 

"Dit is nie die pos as hoofafrigter nie, dit is meer as 'n adviseur, 'n mentor en die verwagting is dat ek vir vyf tot 17 weke van die jaar by die span betrokke is."

Shag sê hy sien ook uit na die geleentheid om Cron te help groei in sy nuwe rol as 'n hoofafrigter en die nuwe job gee hom ook meer kans om tyd saam met sy gesin te spandeer.

   


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters