11 dae gelede
Sexton is ok dat hy sub is
tweede viool: Johnny Sexton speel deesdae plaasvervanger-losskakel vir Ierland.Foto: getty images  ~ 

JOHNNY Sexton sê sy nuwe rol as plaasvervanger-losskakel vir die Ierland-rugbyspan pla hom min.

Die ervare Sexton moes Saterdag in die eerste toets teen Australië tevrede wees met 20 minute se spel.

Joey Carbery was as losskakel in die beginspan. Na verwagting sal hy weer bo Sexton gekies word.

Die laaste keer dat Sexton ’n toets vir Ierland as plaasvervanger gespeel het, was in 2011. Ronan O’Gara was toe nog dié land se beste losskakel.

Sexton, wat in 74 toetse vir Ierland gespeel het, sê hy raak stadigaan gewoond aan sy nuwe rol in die groep se toer van drie weke in Australië.

Sexton sê aan The Irish Times: “Ek was lanklaas in dié rol vir Ierland, so ek moes my so ’n bietjie daarby aanpas.

Herwin

“Dis nogal senutergend om op die plaasvervangerbank te sit.”

Die 32-jarige losskakel sê hy wil nou die nr. 10-trui van die plaasvervangerbank van Carbery herwin.

Aangesien Australië die eerste toets gewen het, sal Sexton beslis ’n groot bydrae moet lewer.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters