5 maande gelede
Sesele en Piedt red SWD
Letlotlo Sesele Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DIE krieketspan van die Suidwestelike Distrikte sal sy eerste beurt in die meerdaagse wedstryd teen Noordwes op 246/6 voortsit.

Letlotlo Sesele, kaptein van die manne van die Klein-Karoo, moes egter met ’n regruk-poging vorendag kom nadat sy span op Senwespark in Potchefstroom op 18/2 rondgespartel het.

Die twee manne wat verder sal kolf, is Marcello Piedt en Niel Hornbuckle.

Piedt staan op 76, nie uit nie, terwyl Hornbuckle op 24 onoorwonne is.

Dit is Piedt se hoogste telling in eersterangse krieket tot dusver.

Die SWD is gevra om te kolf.

Sesele het goed gekolf vir sy 58 lopies van 73 balle.

Hy is ook goed ondersteun deur Obus Pienaar, wat 57 lopies behaal het.

  • Die SWD is steeds onoorwonne in die eendagreeks. Die twee spanne sal sake Sondag uitspook.

Noordwes is die kampioen en ’n sege oor die tuisspan sal die SWD ’n tree nader aan ’n plek in die eindstryd bring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters