11 dae gelede
Ses bly in met ’n kans in Kaap se Derde Liga
Zahier Arendse  ~ Seraj Jones

DIT gaan interessant wees om te sien wat in Safa Cape Town se Derde Liga gaan gebeur – veral met die impak van die Covid-19-pandemie.

Dis omdat minstens ses spanne nog aanspraak kan maak op die liga-titel.

Hanover Park, Greenwood en Crystal Palace het almal 31 punte. Cape Town City (30), Woodlands (29) Silver Spurs (28) en Bluegum United (26) is die buiteperde.

Maar hulle kan nie net afgeskryf word nie, want dié liga is baie onvoorspelbaar.

Bluegum is beslis ook een van die verrassingspakkies van die seisoen – veral nadat hy dit laas seisoen net-net gemaak het om sy status te behou.

Relegasie

Wat sake onderaan die leer betref, sal Patrick Weels, coach, ’n haas uit die hoed moet trek om sy Matroosfontein-span (8 punte) van relegasie te red.

Die span van die North­erns het reeds 16 wedstryde gespeel en het skaars double figures op die telbord.

Cape Town United en Goal 50 (albei 15 punte) moet ook vinger begin trek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters