12 dae gelede
Sentraal-Karoo in 2022 gasheer
TWEESTRYD: Luke Moolman (regs) van die Westelike Provinsie in aksie teen Cape Winelands.  ~ Mark Ward

DIE Sentraal-Karoo sal 2022 se weergawe van die Wes-Kaapse netbalkampioenskapsbyeenkoms aanbied.

Valerie Goliath, voorsitter van die Sentraal-Karoo-Netbalvereniging, is in ekstase nadat haar streek Sondag ná 2021 se toernooi in Langebaan aangewys is om dié prestigeryke byeenkoms aan te bied.

Vanjaar se toernooi, waaraan die gasheer, Weskus, Eden, Overberg, Cape Winelands, Cape Town en die Sentraal-Karoo deelgeneem het, is op die sportterrein van die Curro-skool in Langebaan gehou.

’n Verheugde Goliath het aan Son gesê: “Ons is reeds besig om ons geriewe op te knap, maar nou sal ons meer rigting aan ons poging moet gee ná die aankondiging, want ons wil dit ’n reusesukses maak.

Gekroon

“Ons is egter verheug oor die aankondiging en beloof om die sportgemeenskap van die Wes-Kaap trots te maak op die aanbieding van die 2022-toernooi.”

Intussen is Cape Winelands se B-span as die senior vrouekampioen gekroon nadat hy boaan die punteleer geëindig het.

Alison Malgas, dié streek se sterspeler, is as die speler die toernooi aangewys.

Sy het ook die prys as die beste senterbaanspeler ontvang.

In die mansafdeling was dit Cape Town wat sy teenstanders in ál sy wedstryde oorheers het en gevolglik as die champ gekroon is.

Uitslae:

Senior vroue: A-afdeling: 1. Cape Winelands B; 2. Cape Town B; 3. Weskus A.

Vroue: B-afdeling: 1. Cape Town C; 2. Weskus B; 3. Sentraal-Karoo

o. 21: 1. Cape Winelands A; 2. Cape Town A; 3. Cape Town B.

Vroue o. 19: 1. Cape Winelands A; 2. Cape Town A; 3. Cape Town o. 19B.

Mans: 1. Cape Town A; 2. Cape Town B; 3. Cape Winelands A.

Individuele toekennings

Vroue: A-afdeling:

Beste verdediger: Caitlin Brouckaert (Cape Town); beste shooter: Eliska Kunz (Cape Winelands); beste senterbaanspeler: Alison Malgas (Cape Winelands)

B-afdeling:

Beste Verdediger: Lize Simon (Weskus); beste shooter: Herlouise Skippers (Weskus); beste senterbaanspeler: Badrunisah Ahmed (Weskus)

o. 21-afdeling:

Beste verdediger: Nicola Smith (Cape Winelands); beste shooter: Charlen Greweling (Cape Winelands); beste senterbaanspeler: Ansuné Smit (Weskus)

o. 19-afdeling

Beste verdediger: Renicha Carelse (Cape Town); beste shooter: Kerrin de Nobrega (Cape Winelands); beste senterbaanspeler: Ceesha Booth (Cape Town)

Mansafdeling

  • )

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters