Verlede maand
Seisoen byna om
’N SKAFLIKE POGING: Nabeela Lewis van Tygerberg sit alles in by die verspring.  ~ Mark Ward

DIE verkorte atletiek­seisoen in die Wes-Kaap is so te sê verby en nou bly net volgende maand se na­sionale byeenkoms vir o. 20’s oor.

Die Wes-Kaap se drie streke – Westelike Provinsie, Boland en die Suidwestelike Distrikte – het Saterdag hul provinsiale byeenkomste gehou.

Die nasionale byeenkoms wat van 7 tot 10 April in die Dal Josaphat-stadion in die Paarl sal plaasvind, bied die atlete ook ’n kans om vir die Olimpiese Spele te kan kwalifiseer.

Nie die WP, Boland of die SWD het hul spanne vir die Paarl-byeenkoms aangekondig nie. Die hoofrede hiervoor is dat Atletiek Suid-Afrika nog nie die kriteria vir deelname voorgelê het nie.

Die groot kommer vir atletiekbase is dat die Covid-19-maatreëls net 250 mense op enige gegewe tyd binne die stadion toelaat.

Dit kan bepaal hoeveel atlete provinsies na die byeenkoms mag stuur.

Dan is daar ook kwessie van verblyf vir die atlete.

Intussen was daar talle goeie vertonings by die WP se finale byeenkoms Saterdag op ’n winderige Parow-baan.

Hoogtepunte

Die Universiteit van Wes-Kaapland se blits Liam Buck het weereens bewys watter talentvolle naelloper hy is toe hy die 100 m vir o. 18’s in 10,78 sek. afgeblits het.

In die vroue-afdeling het Nala Best van Bellville beïndruk en die 100 m in 12,66 sek. afgelê.

Die 800 m-wedlope het ook vir hoogtepunte gesorg.

Dit was veral die skoolseun Damian Bosch, wat in die kleure van CPUT deelneem, wat die o. 18-afdeling in 2 min. 01 sek. gewen het.

In die afdeling vir senior mans het die Ikeys se Christian­ Cotchobos, ’n mediese student in sy vyfde jaar, vir sy teenstanders hakskene gewys. Sy tyd was 1 min. 53,57 sek. Hy het vanaf die begin voor gehardloop.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters