WEST Ham United het gister op dramatiese wyse ’n punt uit sy besoek aan Tottenham Hotspur verseker ná ’n nagmerrie-begin.
Die eindtelling was 3-3, maar vir lank sou niemand verwag het day die Hammers ’n manier terug sou vind nie. Dít nadat Spurs net 16 minute nodig gehad het om met 3-0 voor te loop.
Harry Kane (2) en Son Heung-min het Spurs se doele behaal.
Drie doele vir die Hammers aan die einde van die wedstryd het egter Spurs en José Mourinho (manager) se partytjie erg kom bederf.