2 maande gelede
‘Safa beplan nie goed’
Brent Carelse  ~ Gallo Images

SWAK beplanning en kortsigtigheid van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) is van die hoofredes waarom Bafana Bafana herhaaldelik skandes maak.

Só meen die voormalige Bafana midfielder Brent Carelse oor Suid-Afrika se onvermoë om vir nóg ’n Afrikabeker-toernooi te kwalifiseer.

Misluk

Soedan het Molefi Ntseki, breier, se nasionale span Sondag met 2-0 geklop en hom sodoende uit die Afcon finals volgende jaar in Kameroen te boender.

Dis nou die vierde keer in die vorige sewe toernooie dat Bafana nie deurdring nie.

Carelse, wat in sy speeldae vir klubs soos Ajax Cape Town, Orlando Pirates, SuperSport United en ander uitgedraf het, het uitgewys dat die nasionale sokkerbootjie reeds teen 2010 begin sink het.

“Om eerlik te wees, was ons vóór dit ook nie op ons beste nie,” sê die produk van die School of Excellence in Johannesburg.

“Die planne wat destyds in plek gestel is, is nooit uitgevoer nie. Wat het gebeur met Visie 2022?

“Net so is die tegniese sentrums oral in die land ook nie op die been gebring nie.

“Die enigste ding wat jy kan sien, is dat Safa ’n gebou het met ’n paar training facilities.

“Maar waar is die technical sentrums soos die School of Excellence?

Carelse voeg by: “Swak beplanning en geen visie is die redes hiervoor.”

Regruk

Die boorling van Westbury in Johannesburg verder ’n mens kan nie Ntseki vir die mislukking blameer nie.

Hy glo Safa benodig ’n totale overhaul van sy leierskap.

Die 40-jarige Carelse gaan voort: “Dan moet ons van onder af begin reg­ruk, by grassroots.

“Ons moet byvoorbeeld die skoleliga terugbring. Dit moet dan beter as in die verlede wees.

“Dís waar die ontwikkeling reeds moet plaasvind en waar die nasionale spanne jong, gedugte talent kan opraap.

“Tans kry ons spelers hul eerste nasionale cap wanneer hulle 30 is, aangesien hulle laat ontwikkel word – dis ’n gebrek aan beplanning, as jy my vra.

“Boonop het ons elke keer 5 tot 10 nuwe caps in die nasionale span. Dis soos ’n lucky packet.

“Jy weet nie wat jy vandag of môre gaan kry nie. Een ding is egter vir seker, daar is altyd ’n surprise.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters