8 dae gelede
SA studente ryg medals in op spele
Chederick van WykFoto: Gallo Images  ~ 

MOKOFANE Milton Kekana het Dinsdag in Napoli, Italië, Suid-Afrika se eerste goue medalje van die Studentespele gewen.

Kekana het die 10 000 m vir mans in 29:29.43 afgelê.

Adriaan Wildschutt (29:36.38), ’n boorling van Ceres in die Wes-Kaap, het die bronsmedalje gewen.

Wildschutt en sy broer Nadeel studeer aan die Coas­tal Carolina University in Amerika. Hiroki Abe (29:30.01) van Japan het Adriaan net-net geklop.

Die Suid-Afrikaanse nael­loper Chederick van Wyk het ’n silwermedalje in die 100 m gewen.

Van Wyk het dié afstand in 10.23 afgeblits.

Paulo Camilo (10.09) van Brasilië was eerste.

Rekordhouer

Sy landgenoot Nascimento do Pereira (10.32) was in die derde plek.

Die byeenkomsrekord van 9.97 is in 2015 in Suid-Korea opgestel deur Akani Simbine, die Suid-Afrikaanse rekordhouer.

Dit is Van Wyk se tweede silwermedalje van die jaar.

Hy was ’n lid van Suid-Afrika se 4x200 m-aflosspan wat in Mei in Yoko­hama die land se eerste medalje op die IAAF se wêreld-aflosbyeenkoms gewen het.

Die atleet van Potchefstroom het saam met die veteraan Simon Magakwe, die tiener Sinesipho Da­m­bile en Simbine ’n nuwe Afrika-rekord (1:20.42) opgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters