12 dae gelede
SA Sport verwelkom Spele-uitstel
CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - DECEMBER 15: Springbok S
Neil Powell  ~ Gallo Images

DIE Internasionale Olimpiese Komitee het uiteindelik tot sy sinne gekom en Dinsdag die jaar se Spele in Tokio, Japan uitgestel. 

Die besluit is deur Atletiek Suid-Afrika (ASA) verwelkom nadat verskeie lande aangedui het hulle gaan nie aan die skouspel deelneem nie, uit vrees vir die corona-virus epidemie. 

Verskeie lande - insluitend Suid-Afrika - is tans onder hewige wetgewing om die verspreiding van die Covid-19-virus te keer. 

Alec Skosana, president van ASA, het gesê: "Ons verwelkom hierdie besluit. Dit is in lyn met die vorige gesprekke wat ons met lede van die media gevoer het. Dit is in die beste belang van ons atlete en ander om die Spele uit te stel. 

Die uitstel sal nou almal die kans gee om alle hulpbronne te fokus op die geveg teen hierdie wêreldwye epidemie. Aan die ander kant hoop ons ook dat alle atlete nou 'n gelyke kans sal kry om die Spele voor te berei en sodra die virus oorwin is. 

Ons vra alle lede en belanghebbendes van ASA om die nuwe wetging wat deur President Cyril Ramaphosa aangekondig is, te respekteer en te volhou.  

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het ook die besluit deur die IOK verwelkom.

Die Blitsbokke sou aan die Spele meeding, maar Jurie Roux, uitvoerende hoof van Saru, het gesê daar was net nie 'n ander uitweg nie. 

"Ons besef dit is nie die nuus wat die afrigter, Neil Powell, sy spelers en spanbestuur graag sou wil hoor nie. Hulle het baie hard gewerk om gereed te wees vir die globale skouspel. 

"Ons leef in ongekende tye en drastiese stappe is nodig om die veiligheid van spelers, spanbesture, wedstrydbeamptes en onderseuners te verseker," het Roux gesê. 

Powell het gesê: "Hierdie moet as wekroep dien vir hoe ernstig die epidemie is.

"Ons gaan alles doen om te help om dit te keer versprei deur gehoor te gee aan die riglyne van die regering." 

David Notoane, SA o.23-sokkerafrigter, het ook die besluit verwelkom om die Spele uit te stel. 

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters