4 dae gelede
SA Skolespan kelder Argentyne
LAAT LOOP: Dylan Alexander van die SA Skolespan gister in die Paarl in aksie teen die span van Argentinië.Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DIE SA Skolespan het gister in die Springbokke se voetspore gevolg.

Dit kom nadat Suid-Afrika se beste skoolseuns Argentinië gister by die Hoërskool Paarl Gimnasium in die o. 18-reeks met 48-14 kafgedraf het.

Die oorwinning was byna dieselfde telling (46-13) waarmee Rassie Erasmus (afrigter) se senior Bokspan Saterdag die Poemas in Salta uitoorlê het.

Die SA Skolespan het sewe drieë teenoor die twee van die Argentyne gedruk.

Dylan Alexander (skrumskakel) en Henco van Wyk (buitesenter) was die twee groot uitblinkers vir die SA span.

Besoekers

Dié twee het albei twee keer agter die pale gaan kuier.

Jacques Goosen, Gideon van Wyk en Zeilinga Strydom het ook vir die tuisspan gescore.

Facundo Villalba en Ignacio Ruiz het die besoekers se drieë gedruk.

Die SA Skole se A-span het in die voorwedstryd teen Wallis met 31-31 gelykop gespeel.

Puntemakers:

SA Skole – drieë: Dylan Alexander (2), Henco van Wyk (2), Jacques Goosen, Gideon van Wyk, Zeilinga Strydom; doelskoppe: Kian Meadon (5); strafdoele: Meadon.

Argentinië o. 18 – drieë: Facundo Villalba, Ignacio Ruiz; doelskoppe: Ju­lián Hernández (2).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters