4 dae gelede
Rassie, Saru sê sorry
CARDIFF, WALES - NOVEMBER 05: Rassie Erasmus (Dire
Rassie Erasmus  ~ Steve Haag / Gallo Images

DIE Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en Rassie Erasmus het die wedstrydbeamptes wat vir die eerste toets van die Springbok-reeks teen die Britse en Ierse Leeus aangestel is, om verskoning gevra.

Saru het Donderdag in 'n verklaring bevestig dat SA Rugby en Erasmus Wêreldrugby in kennis gestel het dat hulle hul kennisgewing van appèl terugtrek en nie appèl sal aanteken teen die sanksies wat deur die regterlike komitee opgelê is nie.

"Dit was 'n uiters stresvolle omgewing met ongewone druk wat op alle betrokkenes geplaas is en ons wil nie daardie ervaring vir enigiemand verleng nie.

"Ons het 'n streep onder die voorval getrek en wil net vorentoe kyk. Ons sal die uitkomste van die verhoor respekteer, sodat ons nasionale spanne en rugbybedrywighede met duidelikheid vir die komende maande kan beplan," lui die verklaring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters