3 maande gelede
SA moet dié grense uitwis, sê Pollard
handré pollardFoto: gallo images  ~ 

ONS wil nie net spanne smash nie, maar ook die labels van stereotipering.

Dís die reaksie van die Springbok- en Bloubul-losskakel, Handré Pollard.

Pollard was een van die gassprekers van die Castle Lager Smash the Label-inisiatief by Constitution Hill in Johannesburg.

Die inisiatief is op die been gebring na aanleiding van die Ashwin Willemse-gebeurtenis waar hy as ’n kwotaspeler gelabel is.

Volgens Pollard het die tyd aangebreek dat die grense van stereotipering in die land uitgewis moet word.

“Ek wil nou praat namens die hele Springbokspan.

“Ons almal weet wat 1995 vir wyle pres. Nelson Mandela en die land beteken het,” het Pollard gesê.

“Dis beslis iets wat ons weer wil skep. Ons wil nie net in die toekoms die spanne op die speelveld smash nie, maar ook alle labels en stereotipering.”

Pollard sê hy het as jongeling alle sportsoorte gespeel omdat sy pa ’n prinsipaal was.

“Ek het nie ’n keuse gehad nie. Omdat my pa die prinsipaal was, moes ek tot sewe-uur by die skool aanbly.

“Ek is geforseer om my besig te hou sodat die tyd vinniger kon verbygaan. Dis toe waarom ek my maar met die verskeie sportkodes by die skool besig gehou het,” het hy skertsend afgesluit.

Die derde gekeurde rolstoeltennisspeler Kgothatso Montjane het ook haar uitdagings met die media gedeel.

“Die uitdaging om met ’n rolstoel rond te beweeg én nog met ’n raket in jou hand, het my aangegryp. Ek wou mense wys ek kan die uitdagings oorbrug en die grense afbreek,” het sy gesê.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters