2 maande gelede
SA huff en puff
TWEESTRYD Joel Neves van São Tomé en Príncipe kry te doen met SA se Bongani Zungu in ’n 2022 Afcon qualifier in Port Elizabeth.  ~ Backpagepix

BAFANA Bafana het gister weer behoorlik gehuff en gepuff om sy 2022 Afcon-kwalifiseringsveldtog op koers te hou.

Die Suid-Afrikaners moes eers ’n agterstand van 0-1 uitwis om São Tomé en Príncipe met 4-2 in die tweede been van sy Afcon qualifier in die Nelson Mandelabaai-stadion te klop.

Twee doele elk deur Themba Zwane en Percy Tau het SA beslis van ’n verleentheid gered.

Dié groep C-stryd was op Bafana Bafana se tuisveld ná ’n versoek deur die Wes-Afrikaanse eilanders om die verspreiding van die corona-virus te beperk deur nie heen en weer te reis nie.

Die stryd was ’n persoonlike mylpaal vir Bafana Bafana se kaptein, Thulani Hlatshwayo, wat sy 50ste cap ontvang het.

Bafana Bafana se coach, Molefi Ntseki, het twee veranderinge aangebring vir die tweede been in die Baai.

Lyle Lakay het die plek van die beseerde Innocent Maela op left back gevul terwyl Glasgow Rangers se Bongani Zungu gespeel het in die plek van Kamohelo Mokotjo.

Dit was egter weer ’n gesukkel deur Ntseki se troepe.

SA was vroeg in die moeilikheid toe sy defence geslaap het en nie ’n corner verdedig het nie.

Dit het Leonildo Soares toegelaat om sukses te behaal met sy kopskoot om São Tomé ’n onverwagte voorsprong te gee.

Bafana Bafana het hom begin regruk en net voor rustyd gelykheid herstel. Dis toe Zwane met sy regtervoet van binne die doelgebied klinies afgerond het ná Dean Furman se aangee die verdediging oopgekloof het.

Tau het Bafana vir die eerste keer laat voorloop toe hy halfpad deur die tweede helfte van binne die doelgebied sukses behaal het.

Toegeslaan

Drie minute later het São Tomé gelyk getrek met nog ’n doel van ’n kopskoot.

Zwane het net voor die eindfluitjie toegeslaan met ’n doel van die rebound om sy span van ’n verleentheid te red.

Tau het diep in addisionele tyd die spyker in São Tomé se doodskis geslaan met ’n vierde doel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters